Die Fees

Wat is die Durbanville Plaasfees?

Dit is die een fees waar die groter gemeenskap byeenkom en ‘n lekker plaas atmosfeer kan geniet. Daar is stalletjies, kindervermaak, baie te ete en drinke, musiek en natuurlik plaasdiere.

Hunker jy met nostalgie terug na die dae toe jy op strooibale gesit, koeie geruik en die skape hoor blêr het? Dan is dit die fees vir jou. Net ‘n hanetreetjie buite die stad kan jy soos ‘n befaamde fynproewer pannekoek, poeding en potjiekos proe en by die stalletjies enigiets van juwele, konfyt en nog baie meer koop.

Ons is nou besig om voor te berei vir die 2018 fees wat D.V. op 10 Maart 2018 te Diemersdal Wynlandgoed plaasvind.

Hoe raak ek betrokke?

Die beplanningsproses is reeds aan die gang en navrae kan gestuur word na plaasfees@bergsigdv.co.za of kontak Ilse Fritz by 082 376 3236.