Groot Pampoen Kompetisie

Die kampioen-pampoen het die skaal op 497,5 kg laat kreun.

pampoen-logoDit is 77,5 kg meer as die vorige Suid-Afrikaanse rekord vir reuse-pampoene.

Durbanville Plaasfees 2014 – Pinkie Swart, ’n inwoner van Heidelberg, se pampoen het die skaal op 497,5 kg laat stilstaan.

Dit is ’n verbetering van 77,5 kg op die Suid-Afrikaanse rekord van 417,5 kg. Dié rekord is verlede jaar in Durbanville by die Shoprite Checkers Groot Pampoen-kompetisie deur Johan du Plessis van die plaas Eendracht naby Worcester opgestel.
Swart het met sy wenpampoen die eerste prys van R12 000 losge­slaan.

Hy was beskeie oor sy prestasie. “Dit het my hoogste verwagtinge oorskry,” het hy gesê.

Swart plant pampoene as ’n stokperdjie by sy huis.

GrootPampoenWenners_2014  To download the English press release please click here
Die wen pampoen wat 497,5kg geweeg het. Pinkie  Swart (regs) wat as algehele wenner aangewys is. Pieter van Zyl Algemene Bestuurder van die voorsieningsafdeling Freshmark staan langs hom.

Shoprite/Checkers Groot Pampoen Kompetisie Feite:

JAAR

WENNER

GEWIG

2014 Pinkie Swart 497,5kg (nuwe SA rekord)
2013 Johan du Plessis 417,5 kg (vorige SA rekord)
2012 Henry du Plessis 390 kg (vorige SA rekord)
2011 Johan du Plessis 349,2 kg
2010 Drikus Kleinhans 320 kg
2009 Johan du Plessis 295 kg
2008 Drikus Kleinhans 379,5 kg (vorige SA rekord)